Firefox 3.5 vrygestel

Baie mense het seker al gehoor, maar ek skryf tog maar gou dat Firefox 3.5 gister vrygestel is. Toe ek pas gekyk het (2009-07-01 11:00) is dit al meer as 6 500 keer uit Suid-Afrika afgelaai.

Wat die Afrikaanse weegawe betref:

  • Al die nuwe teks is vertaal (dankie aan Samuel Murray)
  • 'n Paar klein foute is reggemaak (dankie aan Dwayne en Johan Cronjé)
  • Enkele van die Alt+letter-kombinasies is verander in die hoofkieslys
  • Die nuwe produkbladsye is vertaal (dankie aan Samuel)

Voorlegging by Afrilex-Alasa 2009

Ek doen 'n voordrag volgende week by die Afrilex-konferensie by die universiteit van Wes-Kaapland. Die titel van my voordrag is "Will translators use your dictionaries?" en handel oor hoe terminologie met 'n oog op vertaling ontwikkel kan word om optimaal te integreer met programme vir rekenaargesteunde vertaling. Ek sal ook 'n demonstrasie gee van sommige van ons programme vir vertaling. Laat weet gerus as ek vir iemand daar moet uitkyk, of as iemand dalk in daardie tyd wil ontmoet.

Pseudolokalisering met podebug (1)

Die Translate Toolkit het al sedert 2004 'n program om te help met pseudolokalisering: podebug. Hierdie is die eerste in 'n reeks artikels oor podebug en waarvoor dit gebruik kan word.

Google Chrome gebruik Hunspell

Ek het onlangs uitgevind dat Google Chrome ook spelling kan toets in teksareas. Dit het my laat terugdink aan hoe dinge in hierdie gebied verander het in die afgelope paar jaar.

As ek reg onthou, het ek in antieke dae na Konqueror oorgeslaan omdat dit op daardie stadium die enigste blaaier was wat dit vir my kon doen. Ek het baie tyd by Wikipedia deurgebring en het 'n Afrikaanse speltoetser nodig gehad. Dít was ook juis die tyd toe my belangstellings in speltoetsers opgevlam het en ek meer betrokke geraak het by Translate.org.za.

Lokalisering op papier

As ek die term "lokalisering" aan mense verduidelik, probeer ek altyd om aspekte te noem wat nié vertaling is nie. Aspekte soos datumformate en geldeenhede is maklike voorbeelde om te gebruik. Alhoewel speltoetsers algemeen bekend is, sien baie mense dit eerder as taaltegnologie, alhoewel dit natuurlik deel is daarvan om 'n rekenaarstelsel aan te pas by die gebruikers. Daar is egter nog meer aspekte, met 'n paar mooi voorbeelde in die wêreld van Vry Sagteware.

Minderheidstale kortgeknip in die SMS

Ek lees vandag op Slashdot oor die rede vir die lengtebeperking op SMS'e van 160 karakters. Dit is 'n interessante storie, en relevant vir ons vandag, want dit is een van die redes dat ons selfoonlandskap lyk soos hy lyk. Ons tale het natuurlik nie ongedeerd hiervan afgekom nie.

Eentalige vertaalformate skadelik

Ek wou al vir 'n lang tyd iets skryf oor eentalige vertaalformate. Ek het 'n bladsy oor eentalige lêers by ons lokaliseringsgids gevoeg. Die titel van hierdie inskrywing is natuurlik meer 'n huldeblyk aan Dijkstra as dat ek werklik dink dat hulle skadelik is, maar hulle het definitief 'n paar ongewensde eienskappe.

Video van Virtaal se funksionaliteit

Ek het 'n video gemaak wat bietjie van Virtaal (ons vertaalprogram) se funksionaliteit wys. Laai dit gerus hier af (33MB, Ogg Theora-formaat). Ek hoop dit maak dinge bietjie meer lewendig as die blote teksbeskrywings van die funksies.

Taal- en dialekkodes

Ons het onlangs 'n interessante gesprek in die kantoor gehad oor taal- en dialekkodes. As ons vertalings stoor in vertaalgeheue, hoe moet ons maak met 'en' (Engels) tenoor 'en-US' (Engels in die VSA)? Moet ons aanneem dat dit dieselfde is, of dit as twee heeltemal verskillende tale hanteer? Die probleem is nie heeltemal so eenvoudig as wat mens dalk sou hoop nie.

'n Blik op die gebruik van plaaslike tale met Google Zeitgeist

Ek't vandag bietjie geloer na Google se Zeitgeist (tydgees) vir 2008 wat 'n aanduiding gee van watter soektogte gewild is in watter lande. Dit was vir my interessant om op te let watter lande heelwat Engelse soektogte het al is Engels nie 'n groot inheemse taal nie.

Syndicate content