Ek wou al vir 'n lang tyd iets skryf oor eentalige vertaalformate. Ek het 'n bladsy oor eentalige lêers by ons lokaliseringsgids gevoeg. Die titel van hierdie inskrywing is natuurlik meer 'n huldeblyk aan Dijkstra as dat ek werklik dink dat hulle skadelik is, maar hulle het definitief 'n paar ongewensde eienskappe. Ek sal alle sagtewareprojekte ernstig aanmoedig om tweetalige formate te gebruik, of om seker te maak dat die sake wat genoem word i.v.m eentalige formate opgelos word as hulle wel gebruik word. Enige ander sake i.v.m. hierdie lêers wat op die bladsy genoem moet word?