Die Translate Toolkit het al sedert 2004 'n program om te help met pseudolokalisering: podebug. Hierdie is die eerste in 'n reeks artikels oor podebug en waarvoor dit gebruik kan word.
Pseudolokalisering is 'n manier om vinnig vertaallêers te genereer of te manipuleer om vir toetsing te gebruik. Só kan programme se vertaalbaarheid (of internasionalisering) getoets word sonder om dit eers te vertaal of bloot op die vlak van die bronlêers die vertaalbaarheid na te gaan. Dit kan ook vertalers help deurdat vertalings geannoteer word en dus makliker gevind kan word.
Een van die dinge waarvoor ons span dit gereeld gebruik in die ontwikkeling van Virtaal, is om te kyk of al die stringe gemerk is vir vertaling.
podebug --rewrite=xxx virtaal.pot fr.po
Met hierdie opdrag skep podebug 'n PO-lêer gebaseer op die POT-lêer, en "vertaal" dit sodat dit as volg lyk:
#: ../share/virtaal/virtaal.glade.h:8
msgid "General"
msgstr "xxxGeneralxxx"
In die program, lyk dit dan só:

Nou kan mens sien dat al die inskrywings "vertaal" is, behalwe vir "About". Dit kan aandui dat 'n string moontlik nie vir vertaling gemerk is nie. In ander gevalle (soos wat hier die geval is), dui dit daarop dat die string elders vertaal moet word. Hierdie string is deel van GTK+, en die vertaling sal deur GTK+ gehaal word uit 'n ander lêer.
Hierdie is dus 'n vinnige en maklike manier om te kyk of al die stringe gemerk is vir vertaling,