Firefox (dalk) nou gewildste in Afrika

  • : Function ereg() is deprecated in /var/www/translate.org.za/blogs/friedel/includes/file.inc on line 895.
  • : Function ereg() is deprecated in /var/www/translate.org.za/blogs/friedel/includes/file.inc on line 895.
  • : Function ereg() is deprecated in /var/www/translate.org.za/blogs/friedel/includes/file.inc on line 895.

Volgens Statcounter was Firefox die gewildste webblaaier in Afrika in September 2011. Hier is die grafiek met hulle statistiek:
http://gs.statcounter.com/#browser-af-monthly-201109-201109-bar

Dit is ook maar net-net, maar die tendense is duidelik: Internet Explorer neem af in gewildheid, terwyl Firefox en Chrome steeds toeneem in gewildheid en saam nou al amper op 60% staan. Natuurlik is dit moeilik om te sê hoe akkuraat StatCounter se statistiek is of hoe verteenwoordigend dit is van die werklikheid, maar dit is steeds interessant om te sien.

Alhoewel Firefox se gewildheid nie oral styg nie, glo ek dat Firefox 7 wat laas week vrygestel is dinge toenemend in Firefox se guns kan laat swaai. Die komende weergawes sal natuurlik nog verdere verbeteringe bring, maar die kompetisie sal seker nie net staan en toekyk nie.

Firefox is beskikbaar in al hoe meer tale van Afrika, en dit mag dalk net toenemend 'n invloed hê in Afrika in die toekoms.

Comments

Post new comment

The content of this field is kept private and will not be shown publicly.
  • Web page addresses and e-mail addresses turn into links automatically.
  • Allowed HTML tags: <a> <em> <strong> <cite> <code> <ul> <ol> <li> <dl> <dt> <dd>
  • Lines and paragraphs break automatically.

More information about formatting options

- two = three
Solve this math question and enter the solution with digits. E.g. for "two plus four = ?" enter "6".