Ontoeganklike vertalings

  • user warning: Table './translatewebsite/blog_friedel_captcha_sessions' is marked as crashed and should be repaired query: INSERT into blog_friedel_captcha_sessions (uid, sid, ip_address, timestamp, form_id, solution, status, attempts) VALUES (0, 'a56ukkiq1rl24c7si4rhtkhal2', '38.107.179.224', 1328781600, 'comment_form', 'cc2257a80e86eca14fd4d0573230b3a1', 0, 0) in /var/www/vhosts/translate.org.za/httpdocs/blogs/drupal-common/sites/all/modules/captcha/captcha.inc on line 99.
  • user warning: Table './translatewebsite/blog_friedel_captcha_sessions' is marked as crashed and should be repaired query: UPDATE blog_friedel_captcha_sessions SET token='a891d4ddaa9017d5298666082cf1b7de' WHERE csid=60548 in /var/www/vhosts/translate.org.za/httpdocs/blogs/drupal-common/sites/all/modules/captcha/captcha.module on line 216.
  • user warning: Table './translatewebsite/blog_friedel_captcha_sessions' is marked as crashed and should be repaired query: SELECT status FROM blog_friedel_captcha_sessions WHERE csid = 60548 in /var/www/vhosts/translate.org.za/httpdocs/blogs/drupal-common/sites/all/modules/captcha/captcha.inc on line 129.
  • user warning: Table './translatewebsite/blog_friedel_captcha_sessions' is marked as crashed and should be repaired query: SELECT status FROM blog_friedel_captcha_sessions WHERE csid = 60548 in /var/www/vhosts/translate.org.za/httpdocs/blogs/drupal-common/sites/all/modules/captcha/captcha.inc on line 129.
  • user warning: Table './translatewebsite/blog_friedel_captcha_sessions' is marked as crashed and should be repaired query: UPDATE blog_friedel_captcha_sessions SET timestamp=1328781600, solution='0' WHERE csid=60548 in /var/www/vhosts/translate.org.za/httpdocs/blogs/drupal-common/sites/all/modules/captcha/captcha.inc on line 111.

Ek is al vir 'n geruime tyd geïnteresseerd in toeganklikheid en glo daar is klomp raakpunte tussen toeganklikheid en lokalisering. By voorbeeld: wat help 'n vertaalde program as daar nie 'n skermleser is in die betrokke taal nie? Die onlangse geskryf oor toeganklikheid om die GNOME-planeet het my seker geïnspireer om dinge in Virtaal te verbeter.

Virtaal verlig sekere elemente in vertalings soos XML-etikette en veranderlikes met kleure ter wille van leesbaarheid. Dit is ook maklik om hierdie plaasbare items in te voeg sonder om te tik. Dit kan produktiwiteit aansienlik verhoog. Tot onlangs het ons egter nog die kleure as enkelwaardes in die kode gespesifiseer, wat natuurlik beteken dat dit nie goed gewerk het met inverse temas (ligte teks op donker agtergrond) nie.

Virtaal voor die verbeteringe

Met die vrystelling van Virtaal 0.6 was ek in my noppies oor die verbeteringe wat ons gemaak het. Ons speel nou beter saam met GTK-temas wat maak dat ons beter werk in inverse temas. Verder het ons ook visuele kontras verbeter vir die inverse temas, en het baie goeie terugvoer gekry van 'n gebruiker wat nou Virtaal sonder probleem kan gebruik.

Virtaal ná die verbeteringe

Hier is sommige van die verbeteringe:

  • Die URL en XML-etikette is ligter, om te verseker dat hulle steeds gelees sal kan word.
  • Wanneer die soekfunksie niks kry nie, het dit 'n rooi agtergrond (soortgelyk aan Firefox). Nou is dié agtergrond is donkerder sodat goeie kontras verseker met die soekteks.
  • Die term waarvoor daar 'n voorstel is ("Download") het 'n donker agtergrond.
  • Die plaasbare item met syfers ("0.6.0") het nou 'n donker agtergrond, en die voorgrondkleur is redelik lig.

Die laaste twee was moeilik, want daar moet goeie kontras wees tussen die voorgrond en die agtergrond, maar die verskil met die gewone teks moet ook duidelik wees. Aangesien die gewone teks reeds optimale kontras het, beteken dit dat ons in effek die kontras verlaag.

Dit alles word outomaties gedoen as Virtaal in 'n inverse tema uitvoer. Ek is bly dat hierdie reg werk sonder dat die gebruiker enigiets hoef te soek of op te stel. Dit dateer ook op as die stelseltema verander terwyl Virtaal uitvoer.

Comments

Post new comment

The content of this field is kept private and will not be shown publicly.
  • Web page addresses and e-mail addresses turn into links automatically.
  • Allowed HTML tags: <a> <em> <strong> <cite> <code> <ul> <ol> <li> <dl> <dt> <dd>
  • Lines and paragraphs break automatically.

More information about formatting options

four - four =
Solve this math question and enter the solution with digits. E.g. for "two plus four = ?" enter "6".