'n Student aan die Universiteit van Mainz in Duitsland, Almana Mukabenova, doen tans navorsing oor die bruikbaarheid van die vertaalprogram Virtaal. Sy het 'n vraelys opgestel vir die doeleindes van haar meestersgraad:
https://www.surveymonkey.com/s/NV9YFJR
Ek is baie nuuskierig om te sien wat hieruit voortkom, en wil alle gebruikers van Virtaal (van nou of vroeër, terloops en ernstig) om deel te neem as hulle kan.
Volgens Statcounter was Firefox die gewildste webblaaier in Afrika in September 2011. Hier is die grafiek met hulle statistiek:
http://gs.statcounter.com/#browser-af-monthly-201109-201109-bar
Dit is ook maar net-net, maar die tendense is duidelik: Internet Explorer neem af in gewildheid, terwyl Firefox en Chrome steeds toeneem in gewildheid en saam nou al amper op 60% staan. Natuurlik is dit moeilik om te sê hoe akkuraat StatCounter se statistiek is of hoe verteenwoordigend dit is van die werklikheid, maar dit is steeds interessant om te sien.
Ons het Virtaal 0.7.0 sowat 2 weke gelede vrygestel. Ons is baie trots op ons voortuigang in hierdie weergawe. Lees gerus hierdie artikel in Engels vir meer detail.
Na baie werk het die GNOME projek 'n splinternuwe weergawe vrygestel: GNOME 3! Die bietjie wat ek met GNOME shell gespeel het, het my heelwat beïndruk. Ek beveel aan dat elkeen dit ten minste op 'n stadium probeer vir 'n ruk.
Komende Saterdag gaan ek en dié wat belangstel 'n vertaalmaraton hou om te werk aan die Afrikaanse vertalings van die komende GNOME 3. Ek glo dit gaan 'n lekker dag wees by Translate.org.za se kantoor.
Ek het die voorreg gehad om vir Claude Paroz te ontmoet. Hy onderhou Damned Lies (die stelsel vir lokaliseringstatistiek en -werksvloei by GNOME). Ons het begin dink oor hoe Damned Lies leiding kan gee vir kleiner spanne oor prioritisering, en statistiek wat dalk beter kan help met die probleme wat mense wil oplos.
In al die produkte van die Translate-projek probeer ons om mooi tred te hou van ons afhanklikhede, en ons werk hard daaraan om te sorg dat ons terugwaarts versoenbaar is — ten minste so ver as wat ons voel redelik is. Omdat ons maklik wil kan installeer op verskeie platforms (veral in die geval van Virtaal), is dit soms 'n bietjie moeilik om al die navorsing te doen oor afhanklikhede.
Lees meer in die Engelse weergawe van dié artikel.
Sommer 'n paar los nuusitems van die afgelope ruk oor Pootle.
Hoe gereeld hoor ons darem nie dat ons self foute moet regmaak en rapporteer in alle projekte en dan sal die wêreld se probleme verdwyn? "Patches welcome" en al daai goeters. Dis natuurlik nie verkeerd nie, en ons sê sekerlik soortgelyke goeters in ons projek. Hierdie brief van Khaled Hosny het my laat glimlag:
Life is short and you can not afford to go after every tool you don't like and try to fix it
.
Vandag is internasionale dag vir vertaling! As deel van die Afrikanetwerk vir lokalisering (ANLoc) het ek die afgelope ruk aan 'n book oor die lokalisering van Vry en Oopbronsagteware gewerk. Een van die dinge wat ons probeer verbeter in Afrika is die vaardighede vir sagtewarelokalisering, en natuurlik is daar g'n beter plek om hierdie vaardighede te ontwikkel as in Vry en Oopbronsagteware! Die eerste weergawe van die boek is amper klaar, en ek sal graag meer terugvoer wil hê. Laai dit hier af:
http://www.africanlocalisation.net/foss-localisation-manual