Ek moes onlangs 'n effens moeiliker stuk vertaalwerk doen vir Pidgin. Deel daarvan was 'n uitbreiding vir die XMPP-protokol om emosies te standaardiseer. Met dié uitbreiding kan verskillende geselsprogramme inligting uitruil oor die gebruiker se gemoedstoestand op 'n standaardmanier. Maar die teks wat vir die gebruiker gewys word, moet natuurlik vertaal word, en dit is toe glad nie so maklik nie.
Daar is meer as 80 emosies wat in die spesifikasie beskryf word en dit sluit ook 'n paar fisiese toestande in (soos "koud" en "siek"). Ek val toe weg om te vertaal, maar besef vinnig dat hierdie nie so maklik is nie. Eerstens ken ek nie die nuanses van al die Engelse terme goed genoeg nie, maar natuurlik raadpleeg ek toe maar net woordeboeke. Kort voor lank is daar egter terme met veelvuldige vertalings, waarvan sommige van die vertalings oorvleuel met die vertaling van ander terme. Sommige van die terme waarmee ek toe nou sukkel:
Die doel is natuurlik nie net om sommer net 'n vertaling te kry nie, maar iets wat akkuraat is, onderskeibaar is van die ander, en wat die regte boodskap gaan oordra aan die persoon met wie mens gesels — wat baie moontlik 'n ander geselsprogram gebruik, dalk selfs in 'n ander taal. Dit help nie as twee terme op die selfde manier vertaal is en mens sien iets soos "Gelukkig" twee keer in die lys nie.
Alhoewel dit in die spesifikasie die idee gee dat die lys emosies gebaseer is op 'n klomp goeie navorsing oor emosies (insluitend oor kultuurgrense heen), wonder ek hoe nuttig hierdie lys is terwyl dit terme het wat so naby aan mekaar is. Alhoewel sommige van die vangplekke spesifiek met Afrikaans te doen het, lyk dit of daar tog 'n paar terme hier is wat verwarring vir vertalers kan skep, en boonop nog vir gebruikers ook.
Later in die selfde lêer kom ek toe 'n klomp goeters teë uit die OSCAR-protocol (gebruik in ICQ en AIM) waarmee gebruikers kan aandui waarmee hulle besig is. Daar is toe hierdie drie vertalings: Surfing, Searching the web, Browsing the web — frustrasie. Dan is daar ook 'n paar wat ek nie in sou belangstel om te weet dat iemand daarmee besig is nie. 'n Paar hiervan het toe ook nie my aandag gekry nie.
Comments
Post new comment