Daar is onlangs geskryf oor die bydraers tot die Linux-kern en die GNOME-projek. Leonardo het baie gepas opgemerk dat vrywilligers steeds 'n baie belangrike brydrae lewer tot GNOME. Ek het ook vandag gesien dat die Pootle-gemeenskap ook met spoed kan reageer.
Ons het minder as 24 uur gelede in ons gemeenskap gevra dat vertalings vir die komende Pootle 2.1 bygewerk moet word. Binne enkele minute was daar reeds drie vertalers besig, en na minder as 24 uur is daar reeds aktitwiteit in 25 tale.
Pootle 2.1 sal 'n klomp verbeteringe bring, soos 'n nuwe ontwerp vir die vertaalbladsy, ondersteuning vir verskeie nuwe lêerforate, masjienvertaling, onttrekking van algemene terme, en aansienlik beter werkverrigting.
Hier is die nuwe ontwerp op 'n Japannese vertaalbladsy met Witrussies as verwysingstaal:
