Mailmanman - Maklike administrasie van veelvoudige poslyste

Nadat ek administrasie van Translate.org.za se poslyste oorgeneem het, het ek besef dat die verwydering van gemorspos wat ons kry heeltemal te veel tyd vat (of eerder tyd mors). Dus het ek 'n eenvoudige mechanize-gebaseerde Python biblioteek (Mailmanman) geskryf om poslys-pos wat wag vir moderasie af te laai en/of te skrap.

Dit is nog 'n baie jong projek, maar spaar al klaar vir my baie tyd!

As jy dink dat dit jou ook kan help, probeer dit asseblief en stuur terugvoer.