ODF-XLIFF begin te werk!

Ons het pas twee nuwe nutsdinge wat die vertaling van ODF-lêers heel eenvoudig sal maak, vrygestel. Die sagteware word ontwikkel op die "trunk" van die Translate Toolkit (by https://translate.svn.sourceforge.net/svnroot/translate/src/trunk).

odf2xliff trek alle vertaalbare teksstringe uit 'n ODF-lêer en stoor die stringe in 'n XLIFF-lêer. Om byvoorbeeld alle stringe uit 'n lêer met die naam "english_file.odt" te trek en hulle na 'n XLIFF-lêer met die naam "english_français.xlf" te stoor, word die volgende uitgevoer:

odf2xliff english_file.odt english_français.xlf
Diagram wat die vloei van odf2xliff toon

xliff2odf neem 'n bron ODF- en XLIFF-lêer en skep 'n ODT-lêer waarvan die uitleg ooreenstem met die uitleg van die bron ODF-lêer. Die teks van die doellêer sal egter ooreenstem met die vertalings in die XLIFF-lêer.

xliff2odf -t english_file.odt english_français.xlf fichier_français.odt
Diagram wat die vloei van xliff2odf toon

Die -t vlaggie spesifiseer dat die bron ODF-lêer (english_file.odt) nou as 'n sjabloon (die -t is vir "template" in Engels) optree.

Hoe om die nutsdinge in die hande te kry en te loop

Jy kan die bronkode óf vanaf ons offisiële Subversion stoor:

svn co https://translate.svn.sourceforge.net/svnroot/translate/src/trunk

Die interessante kode is onder storage/xml_extract.

Jy kan ook die kode vanaf ons git spieëlwerf kry:

git clone git://github.com/translateorgza/translate.git

Hoe om die nutsdinge direk vanaf die brongids te loop

Ons het instruksies op ons wiki.

Wat gebeur volgende?

Ons werk saam met Itaapy om 'n "standaard" vir die voorstelling van ODF in XLIFF voor te stel. Ons dokumentasie is by http://translate.sourceforge.net/wiki/developers/projects/odf.

Itaapy het reeds baie werk gedoen om uit te werk watter ODF elemente vertaal moet word. Die werk is deel van hulle raamwerk itools, wat gekloon kan word met:

git clone git://hforge.org/itools.git