Tuis arrow Kontak
Kontak
  • Telefoon:
  • Plaaslik: 012 460 1095 / 0861 114 376
  • Internasionaal: +27 12 460 1095 (UTC +02:00)
  • Ons kantoorure is van 08:00 tot 17:00.
  • Hierdie e-posadres word beskerm van strooiposbotte, en jy kort dus Javascript om dit te bekyk
  • Aanwysings

Voordat u bel of e-pos

Neem asseblief kennis dat ons nie telefoniese ondersteuningsdienste bied nie. Stuur asseblief u navrae aan die Hierdie e-posadres word beskerm van strooiposbotte, en jy kort dus Javascript om dit te bekyk .

Translate.org.za is nie 'n vertaalagentskap nie, d.w.s. ons is nie 'n besigheid wat teks in Suid-Afrikaanse tale vertaal nie.  Maar ons kan 'n paar vertaalbesighede voorstel, of u kan 'n lys van SAVI-vertalers (Suid-Afrikaanse vertalersinstituut) raadpleeg.  

Laastens, die sagteware wat ons skep, sal nie outomaties vertaal van een Suid-Afrikaanse taal na 'n ander nie. Ons vertaal die grafiese koppelvlak van die sagteware in ander Suid-Afrikaanse tale. Die sagteware is nie 'n outomatiese vertaler nie. Ons is bewus van gereedskap soos Altavista se Babel Fish wat in 'n aantal Europese tale vertaal. Hierdie tale het al miljarde Euro's navorsingsfondse ontvang, en soos mens kan sien, is die kwaliteit van die vertaling steeds swak. Mens kan dus vir Suid-Afrikaanse tale verwag dat outomatiese vertaling selfs slegter sal wees. Gebruik eerder 'n professionele vertaler.