Tuis arrow Dra by arrow Programmering
Programmering
Kan u programmeer? Hulp sal ons goed te staan kom. Dink daaraan as 'n geleentheid om te help as vertaalwerk nie u sterk punt is nie, of as 'n geleentheid om regte werk op die mikstok te kry. Studente kan dalk 'n projek verwant aan Translate.org.za voorstel vir 'n programmeerkursus.

Wat benodig word:

  • Vaardigheid met Python-programmering (soms C++)
  • Internettoegang
As u nie Python kan programmeer nie, maar het ervaring in 'n ander objekgeoriënteerde taal, is dit reg so.  Die eerste stap is om die volgende te lees: die Python-tutoriaal en die Python-biblioteekverwysing.  Die beste bron van inligting is die Python-webwerf waar mens ook die nuutste sagteware kan aflaai.
 
Op soek na 'n idee vir 'n projek?
  • Hierdie lys van miniprojekte bevat take verwant aan ons vertaalprogramme
  • Dra Hunspell/Enchant oor na die Microsoft CSAPI
  • Vra via e-pos of op IRC by #pootle
Die gereedskap wat ons gebruik word onderhou as deel van die Translate-projek. Kyk daar vir poslyste en instruksies vir lêertoegang. 
 
Die aanpassing van Hunspell benodig 'n ernstige Windows-programmeerder wat die werking van die CSAPI kan uitpluis van buite af en 'n implementasie kan verskaf wat met Hunspell werk. Dit sal dit moontlik maak dat Translate.org.za se vrye speltoetsers werk op Windows, met die ekstra voordeel dat enige Windows-program die CSAPI kan gebruik sonder dat Microsoft Office benodig word. 
 
< Vorige   Volgende >