Aanwysings

Adres:
Wenningstraat 63A
Groenkloof
Pretoria

Aanwysings:
Vanaf Johannesburg internasionale lughawe:

  1. Verlaat die lughawe en neem die R21 na Pretoria
  2. Die rit is ongeveer 45km
  3. Ry oor die N1
  4. Ry deur 'n aantal verkeersligte
  5. Aan die onderkant van 'n effense afdraende bereik mens 'n stel verkeersligte by Fonteinesirkel
  6. Neem die regteruitgang in George Storrarlaan
  7. Volg die aanwysings onder: Vanaf Fonteinesirkel
 Vanaf Johannesburg:
  1. Neem die N1 Noord na Pretoria
  2. Die N1 vurk na links. Hou bloot reguit aan en die pad sal verander na die N14
  3. Ry nog 'n ruk en neem die afrit by Eeufeesweg en hou in die regterlaan
  4. By die robotte aan onderkant van die afdraende, draai regs en hou in die regterkantste laan
  5. Mens sal dan onderdeur 'n paar brûe ry en dan skerp na links draai nadat mens onderdeur 'n brug gery het (amper al die verkeer volg hierdie roete, mens kan links draai vanuit die regterlaan)
  6. Neem die laan wat Brooklyn sê.
  7. By die robotte is mens by Fonteinesirkel.  Gaan oor die sirkel en volg die aanwysings hier onder: Vanaf Fonteinesirkel
Vanaf Pretoria se middestad:
  1. Neem Mandelarylaan en vold eie tekens vir die lughawe (R21)
  2. By Fonteinesirkel, draai links in George Storrar en volg die aanwysings onder: Vanaf Fonteinesirkel
Vanaf Fonteinesirkel:
  1. Verlaat Fonteinesirkel in George Storrarlaan
  2. Draai regs by die tweede robot (Mens sien die Little Company of Mary Hospitaal diagonaal oorkant aan die linkerkant voor mens draai)
  3. By die vierrigtingstop draai links in Wennigstraat
  4. Gaan deur 'n klein verkeersirkel
  5. Die huis is die derde aan die regterkant, nommer 63A.  Die ingang is 'n pypsteel en is regoor die busstop aan die linkerkant.
  6. Druk die klokkie sodat ons die hek kan oopmaak en parkeer asb. binne.