November se nuusbrief is uit en hierin kyk ons na hoeveel geld Suid-Afrika spandeer op eiendomsagteware in 'n artikel genaamd "Afrika bou oorsese IT-bedryf".
Ons het gedink dat getalle soos R48-biljoen ($6,6 biljoen) u dalk net
so veel sal skok soos dit ons geskok het hier by Translate.org.za.
Ons stel u voor aan die WordForge-stigting
wat daarna streef om digitaal bedreigde tale te help om sagteware te
lokaliseer. Ons ontmoet Dwayne Bailey wat Translate.org.za begin
het, en laastens ondersoek ons die taal Noord-Sotho.
Geniet hierdie maand se nuusbrief
|