|
Suid-Afrikaanse skriftipes |
Al ooit gewonder hoekom u nie die spesiale karakters wat Venda benodig,
ḓṱḽṋṅ, kan sien nie? Waarskynlik het u nie 'n skriftipe (font)
wat hierdie karakters kan vertoon nie. U benodig die DejaVu-skriftipe
wat Translate.org.za uitgebrei het sodat mens daardie karakters kan
sien.
DejaVu-skriftipe
Dalk wil u dit installeer saam met die Suid-Afrikaanse sleutelbord sodat u al die karakters kan tik wat deur Venda, Afrikaans, Noord-Sotho en Tswana benodig word.
Om die skriftipe te installeer, pak die ZIP-lêer uit en kopieer dit na
die fonts-gids op Windows (bv. C:\Windows\Fonts). Op Linux behoort die
DejaVu-skriftipe reeds beskikbaar te wees as mens 'n redelike nuwe
verspreiding gebruik. |