Boernaliste - Afrikaanse Bloggers

Julie 03, 2009

Annelie Kirstein

Naweekwoorde

Die naweek skuif al nader en ek hardloop dit met ope arms tegemoed. Wel, so vinnig as wat dit moontlik is om in die koue te hardloop met 'n dik rooi baadjie en stewels aan. Maar my hart is warm op hierdie koue winters-Vrydagoggend; warm oor die vooruitsigte van 'n luilekker naweek saam met my geliefde. En wanneer Jan Blohm se woorde van die groen trui ook nog in my gedagtes kom dwaal, sit ek my lyf daarin en basuin dit uit:

En die son brand purper my gedagtes
As die son of die reën vir my kom haal
Jy sê iewers is daar liefde
iewers waar tyd vir jou kom haal

Bly vanaand by my, ek weet jy't seer gekry
sit jou lyfie in my groen trui
Bly vanaand by my, bly vanaand by my, bly vanaand by my

Wie's die girl onder jou oë
wat in Krismis kan glo
happy hours by die kroeë
Vra my lighty het jy 'n light?
Vou droom soos 'n kite
En scheme tonight tonight!

Bly vanaand by my, ek weet jy't seer gekry
sit jou lyfie in my groen trui
Bly vanaand by my, bly vanaand by my, bly vanaand by my

Maak my siek en maak my blind
ek is jammer ek't jou ingesluk
is daar iemand wat vir my bid?
Maak my hartjie weer rein
Gee my Rembrandt van Rijn
Maak my blind vir hulle seine

Bly vanaand by my, ek weet jy't seer gekry
sit jou lyfie in my groen trui
O bly vanaand by my, bly vanaand by my, bly vanaand by my

Bly vanaand by my, ek weet jy't seer gekry
sit jou lyfie in my groen trui
O bly vanaand by my, bly vanaand by my, bly vanaand by my

by annelie.kirstein@gmail.com (annelie) at Julie 03, 2009 07:56 VM

Julie 02, 2009

Boer in Ballingskap

S7300580


Volgens Skytrax se 2009 evaluering van lughawens , is Changi Internasionale Lughawe in Singapoer die derde beste lughawe in die wereld, naas Incheon in Korea en Hong Kong in Sjina. Die drie top lughawens is die soveelste keer almal in Asie. Ek was nou nog nie naastenby op alle internasionale lughawens nie, maar het die voorreg gehad om die top 3 verskeie kere te besoek. Nou weet ek nie presies hoe Skytrax te werk gaan nie, maar in my beskeie mening is Changi die beste. Hiermee bedoel ek nie om Incheon of Hong Kong af te skiet nie. Ek het reeds hierdie spesifieke lughawens telkemale besoek en hulle is van die beste in die wereld. Ek glo bloot net Changi is beter.

S7300538S7300548

Wat die ontwerpers van Changi duidelik in gedagte gehad het, was om die pynlike ervaring van lang reise te verlig deur ‘n oase te skep waar reisigers in ‘n rustige atmosfeer kan ontspan. En in hierdie doel slaag hulle met vlieende vaandels. Vir die uitgeputte reisiger is Changi inderdaad ‘n oase.

S7300569

Sekerlik die hoof aspek wat bydra tot hierdie atmosfeer van rustigheid, is die pragtige tuine binne en buite die lughawegebou. Die indrukwekkendste van hierdie tuine, is die kleurryke orgidiee wat kunstig aangele is rondom koi-visdamme. As stad is Singapoer bekend vir sy orgidiee en nerens word die verskeidenheid van hulle orgidiee-skat beter tentoongestel, as binne die lughawe nie. Hoewel die orgidiee die kalklig steel, is daar vele ander tuine met oa inheemse bome, bougainvillea en sonneblomme, almal uitgele rondom dammetjies, met die bydraende estetika van houtbruggies, paadjies, lopende water en watervalle.

S7300549S7300552S7300570S7300551

As jy klaar die tuine bewonder het en daar is tyd en geld, kan jy in die honderde winkels gaan rondsnuffel of iets eet en drink by een van die talle restaurante, kafees of koffiewinkels. Die lughawe is een, reuse winkelkompleks.

S7300950S7300577

Steeds verveeld? Gaan kyk gratis een van die nuutste fliek-vrystellings, spandeer gratis ure op die Internet, speel jou gunsteling Playstation -of rekenaarspeletjies, Sit oorfone op en gaan ontspan in die musiekkamer se uiters gemaklike stoele. Gaan vir massering of refleksologie of neem ‘n lekker stort om die tamheid van die reis af te was. En as jy nou REGTIG tyd het, neem een van die gratis stadstoere vanaf die lughawe om Singapoer te gaan verken.

S7300580

Changi het my mateloos beindruk en ek sou selfs sover gaan om te se dat dit die moeite werd is om Singapoer te besoek net om die lughawe te sien. Kortom, as Tom Hanks in die rolprent Terminal op Changi gestrand was ipv JFK , sou hy dalk glad nie omgegee het nie en selfs daar wou bly.

NS: In die Skytrax evaluering word Kaapstad aangedui as die beste lughawe in Afrika, wyl ek onder die indruk was dat Johannesburg O.R. Tambo hierdie eer toekom…

by boerinballingskap at Julie 02, 2009 02:29 NM

Julie 01, 2009

Afrikaans in London

Eerste eksamen is klaar

Ek het gisteraand in my eerste CIMA eksamen geslaag so ek ken nou alles oor ekonomie! Dit was nie te moeilik nie en ek het veel studeer en ek dink ook ek weet nou hoeveel werk ek moet vir die komende modules doen sodat ek beter kan doen. Ek het gevind dat ekonomie baie interessant [...]

by Alexander at Julie 01, 2009 07:50 VM

Junie 29, 2009

Boer in Ballingskap

S7301791


S7301791

die bedompige hitte kom kleef klam op jou vel

jy drink reeds liters koue water elke dag

die busse, taxi’s, treine, winkels, werkplekke en woonstelle het hul reeds tot lugversorging gewend

maar die sonbesies sing nog nie

die sonbesies sing nie

dit gaan ‘n warm somer wees…

by boerinballingskap at Junie 29, 2009 03:12 NM

Junie 26, 2009

Boer in Ballingskap

boerinballingskap


Sting – Fragile

Wanneer iemand baie bekend skielik sterf, word die herinneringe aan jou eie dooies vir wie jy eens lief was en so baie mee gedeel het, onwillekeurig en opeens weer opgewek en in jou gesig gewerp. Jy word opnuut gekonfronteer met die tydelikheid van jou eie brose bestaan en die wete dat verganklikheid nooit verder as ‘n voetval is…

by boerinballingskap at Junie 26, 2009 01:32 NM